June 18, 2008
June 15, 2008
Ek ou baie van die idee van die blogger Kasterolie. Miljoene mense teen misdaad. Ken iemand nie iemand by ‘n tydskrif wat kan help met die idee nie. Wat van ons verf die kruise sommer lekker groot op ons dakke, dan kan die man op die maan dit ook sien.
June 14, 2008
Om een of ander rede verdwyn twee (2) punt plugs uit hierdie huis uit teen die spoed van bliksemstrale.
Dit voel vir my of die item week na week op my “te koop” lys is. Die lys wat tot die G se groot verdriet altyd in my kop is en nie op ‘n stukkie papier of soos die baie effektiewe multi tasking vrouens sin wat in ‘n mooi oorgetrekte handsak grootte nota boekie netjies verewig word nie. Ek het ‘n “state of the art” mobile maar om een of ander rede kan ek die ook nie kry om vir my te werk wanneer dit by die lysie maak ding kom nie. Ek tik dit wel in die foon in onder “notes”, maar daar raak dit deurmekaar met die nuuste resept wat ek nooit gaan maak nie, die bestandele lyse van “whats for dinner” (wat hulle vir jou sms), die nuutste CD wat ek wil koop, website wat ek nog wil opkyk en mense se nommers wat ek nog in die adres boek moet insit.
Terug by die 2punt ding. Ek het ‘n vae idee waarnatoe hulle verdwyn. Eerstens val hulle in die kant sakkie van die reistasse, handsakke of computer sakke om net nooit weer hulle verskyning daaruit te maak nie. Erens in iemand ander se huis en kantoor le daar laaie vol 2.plugs.
My ander raaiskoot - Daar is iets of iemand wat in ons dak bly, en ek is seker hy/sy kom steel dit in die nag. Dit seker lekker donker daar bo en al sy ligmaak goed werk met 2.plugs. Ek is regtig ernstig oor die dakbewoner. Ek en die honde hoor nou al ‘n geruime tyd elke aand sulke skarrel geluide van uit die ruimte bo ons koppe. Die eerste aand het ons ons boeglam geskrik. Rogan het so groot soos wat hy is met sy hele 40kg bo op die bank gespring, Koos het bomlakiesie geslaan soos ‘n sirkus hond en Chica het met soos ‘n pyl uit ‘n boog van haar bank af gespring. Ek het so gelag ek het skoon vergeet om bang te wees. Van daardie aand af volg ons sy bewegings op en af met die lengte van die huis. Ons weet altyd waar hy is, behalwe wanneer hy rus. Die siel kan nie te klein wees nie maar ook nie te groot nie want die spasie tussen die nok en die dakbalke is ook nie te groot nie. Party aande is hy nogal bedrywig en dan klink hy baie groot of hy het ‘n paar ouens oorgenooi en saam klink hulle soos ‘n masjerende peleton soldate. Dus vermoed ek dis ‘n tipe harige, groot voortand outjie wat sy intrek ingeneem het vir die winter. So nou en dan vergeet ons van hom, veral as die klank op die elektroniese vermaak middels bietjie hard is, dan in die pose tussen die advertensies en die programme is daar mos altyd so paar sekondes stilte en dis net genoeg vir hom om ons ter herinner dat hy nog daar is. Dan sit ons al 4 gou styf teen mekaar op die bank, tot ons onthou wie dit is, slaak ’n sug van verligting en die ouens wat op die bank is maar eintlik op die vloer hoort kan weer ontspan.
Wat ons te doen staan oor die outjie is debateerbaar. Daar is ‘n paar opsies, lethal lokaas - wat glad nie goed sal afgaan by ons groen vriende nie, of die G wat inklim in die dak met ‘n flitslig en begin jag, dit is mos nou jag seisoen. Ek self stem vir die tweede opsie, want ek kan net daardie aaklige walms voorstel as die lokaas sy werk gedoen het, en ouboet besluit om sy kop neer te le by sy slaap plek. Die oppervlakte is groot en in daai donkerte kan ek nie dink dat ons sy oorskot vinnig genoeg sal opspoor nie. So as enige iemand raad het, asseblief ons luister graag.
June 14, 2008
Die moederstad is bitter koud en die G is op die plaas, so dis ‘n laaaang stil rugby lose naweek. Dank die vader vir kaggelvuurtjies en rooiwyn.
Vandag vroeg wakker geword, tee en roostebrood gemaak, gordyne getrek en terug gespring in die bed. Wat is nou meer snoesig as le onder die lappe op ‘n koue dag met ‘n “engaging, intelligent and entertaining “ kan dit nie neersit nie boek.
Later moes ek winkels toe gegaan. Ek haat grocery shopping. Ek stap veel eerder in ‘n hardeware winkel rond. Maar ‘k kan seker nie vir altyd eierbrood’tjies, sop en geblikte ertjie eet nie. Come to think of it, hierdie laaste maand was seker die ideale geleentheid om op die koolsop dieet te gaan. Hopelik kry ek nou weer kook inspirasie van erens af. Die stoof was vir meer as ‘n maand lank sonder gas - heeltemal te veel moeite om die gasbottels om te ruil. Die warm plate is goed genoeg om sop te kook. Vir wie mos ek ook nou kook. Die G was oorsee en Katrien is gelukkig saam met my vinnige brousels.
Hel maar gas is nou duur, amper R200 vir ‘n 9kg bottel, en ons het ‘n hele paar op eenslag nodig in die huis.
Van DIY winkels gepraat, ek wens ek was ‘n pa more, daar is darem ‘n paar wonderlike “tools” in die doen dit jou self winkels. Heelparty dingetjies gekry om al die klein stukkende goedjies in die huis reg te maak, sommige seker onnodige, maar ek is ‘n sucker vir alles DIY.
More wil ek na die BookFair toe gaan. Dreig elke jaar, maar hierdie jaar gaan ek daai ding doen.
June 1, 2008
Ons kleine Londener word 4. Ek moet die kleine kinderen opdateer (maar hy is darem al daar).Hierdie week gaan ek nog al die ander ook bylas. Noudat ek weer my werkskamer netjies gemaak het vandag, het ek weer ‘n lekker knus plekkie om in te sit en “werk”, voel sommer geinspireerd.
Een van hulle het vandag 4 geword. Hy het ‘n “pirate” partytjie in ‘n park in London gehou. (Hoe idilies klink dit). Die G was gelukkig genoeg om die week daar te wees vir werk en kon aanbly vir die groot gebeurtenis. Vanoggend toe ek hom vra of hy nou oud genoeg is om skool toe te gaan toe se hy “No, but when I turn 5, I will ask my mum if I can go to school, because her yes is her yes. Currently I only go to nursery School” Dit was sy eie woorde.
Klein maar getrein, hy weet al reeds as ‘n vrou ja se bedoel sy ja en nie nee nie.
Happy birthday ons liefste klein Ingelsman!
June 1, 2008
Son jou lekker ding
Posted by 2dayi under Favorite |ˈfāv(ə)rət| (Brit. favourite) QuotesNo Comments
The sun, with all those plants revolving around it and dependent upon it, can still ripen a bunch of grapes as if it had nothing else in the universe to do. - Galileo
Met die kuiergas terug huis toe, en die G nog in Engeland, sit ek vanoggend in ons koue huis en wonder wat ek gaan doen vandag. Lyk ook nie te waffers buite nie. As mens so koud kry is jy mos eintlik lus om niks te doen nie, dit was so hitte te of ek het met ‘n boek gaan opkrul in ‘n bondeltjie onder ‘n lap in die een kamer wat ‘n halwe uur se sonstreep ‘n dag kry in die winter. Toe begin ek dink aan alles wat agterwee gebly het die naweek en besef die visse het nog nie kos gekry nie. Stap uit buitentoe om die te gaan kos gee en sien die swembad lyk ook maar gehawend. Blue52 (die wonderkuur vir swembad helderheid) maak seker jy sien al die ou blare op die bodem. Sit die pomp aan en begin blare uitskep, met die winter sonnetjie wat heerlik op my skyn en daar besef ek, al lyk dit hoe grou van binne buite toe, stap net uit, al is die winter sonnetjie skraal, maak hy nog steeds lekker warm. Eintlik lekkerder as ‘n volbloed somersdag.
May 28, 2008
The Owl and the Pussy-cat went to sea
In a beautiful pea green boat,
They took some honey, and plenty of money,
Wrapped up in a five pound note.
The Owl looked up to the stars above,
And sang to a small guitar,
‘O lovely Pussy! O Pussy my love,
What a beautiful Pussy you are,
You are,
You are!
What a beautiful Pussy you are!’
II
Pussy said to the Owl, ‘You elegant fowl!
How charmingly sweet you sing!
O let us be married! too long we have tarried:
But what shall we do for a ring?’
They sailed away, for a year and a day,
To the land where the Bong-tree grows
And there in a wood a Piggy-wig stood
With a ring at the end of his nose,
His nose,
His nose,
With a ring at the end of his nose.
III
‘Dear pig, are you willing to sell for one shilling
Your ring?’ Said the Piggy, ‘I will.’
So they took it away, and were married next day
By the Turkey who lives on the hill.
They dined on mince, and slices of quince,
Which they ate with a runcible spoon;
And hand in hand, on the edge of the sand,
They danced by the light of the moon,
The moon,
The moon,
They danced by the light of the moon.
May 13, 2008
A girl asked a boy if she was pretty.
He said no.
She asked him if he wanted to be with her forever.
He said no.
She then asked him if he would cry if she walked away.
He again said no.
She had heard too much.
She needed to leave.
As she walked away, he grabbed her arm and told her to stay, he said,
“You’re not pretty, you’re beautiful. I don’t want to be with you forever, I need to be with you forever. I wouldn’t cry if you walked away, I would die.”
May 13, 2008
Hel man, dis eintlik baie ingewikkeld hierdie blog ding. Ek dink ek het dit nou so ietwat onder die knie. Ten minste een aand van minder TV kyk. Darem Ugly Betty so met een oog gekyk, kan nou nie vir ou Betty net so los nie. Natuurlik ook een aand van minder van alles anders doen wat ek eintlik moet doen. Soos kaste regpak, en ons huis weer in orde kry.
Darem ‘n paar goed uitgewerk, soos bv: ek kan van my “dashboard” af blog, en dat geblikte ertjies met mayonaise en ‘n bottel water nie te sleg is as jy te besig is om te blog nie - hopelik is dit ook goed vir die figuur.
May 13, 2008
A stranger was seated next to a little girl on the airplane when the stranger turned to her and said, ‘Let’s talk. I’ve heard that flights go quicker if you strike up a conversation with your fellow passenger.’
The little girl, who had just opened her book, closed it slowly and said to the stranger, ‘What would you like to talk about?’
‘Oh, I don’t know,’ said the stranger. ‘How about nuclear power?’ and he smiles.
‘OK, ‘ she said. ‘That could be an interesting topic. But let me ask you a question first. A horse, a cow, and a deer all eat the same stuff - grass - . Yet a deer excretes little pellets, while a cow turns out a flat patty, and a horse produces clumps of dried grass. Why do you suppose that is?’
The stranger, visibly surprised by the little girl’s intelligence, thinks about it and says, ‘Hmmm, I have no idea.’
To which the little girl replies, ‘Do you really feel qualified to discuss nuclear power when you don’t know shit?




